In die Media

Sol-Tech studente ontvang sertifikate

Sowat 60 Sol-Tech elektriese studente het hul NQF3 sertifikate van die Eseta die week ontvang. Die leerders is besig met hul finale jaar en kwalifiseer voreg volgende jaar. Die leerders is almal gekwalifiseerde elektrisiëns in enkelfase krag. Wanneer hulle die NQ4 sertifikaat ontvang is hul kwalifikasie vir fase 3 krag.
Kyk na die foto’s op die Solidariteit [...]

Sol-Tech golfdag saam met Thys die Bosveldklong

- onderhoud op Solidariteit Radio
In die program Vasvat op Vrydag op 23 Oktober het Daleen de Jager met Thys gesels.
Klik hier om na die onderhoud te luister.
Lees die artikel op die Solidariteit Blog.

Sol-Tech opedag was ‘n groot sukses

Soldeer, 16 September 2009
Sol-Tech se onlangse ope dag was ‘n groot sukses. Dit is deur meer as 600 voornemende studente, ouers en belangstellendes bygewoon. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit,  het tydens die ope dag genoem dat daar drie belangrike besluite is wat ‘n jongmens  moet neem. Dit is wat hy glo, wat hy gaan [...]

Sol-Tech hou ope dag op 12 September

Soldeer, 10 September 2009
Studente wat volgende jaar hul studies aan Solidariteit se eie opleidingskollege wil aanpak, moet hierdie Saterdag in hul dagboek merk. Sol-Tech se jaarlikse ope dag word eerskomende Saterdag, 12 September by sy kampus in Centurion aangebied en sal aan voornemende studente ‘n geleentheid bied om meer inligting oor Sol-Tech en die beskikbare [...]

Sol-Tech maak skoonskip

Marisa Engelbrecht, Soldeer, 13 Augustus 2009
Sol-Tech, Solidariteit se opleidingskollege, het Saterdag skoonskip gemaak toe sy rugbyspan die Carltonliga vir derde spanne gewen het. Die span het teen Polisie te staan gekom en vir hulle ‘n uitklophou van 41-9 gegee.

Sol-Tech gee Tukkies uitklophou

Soldeer 7 Augstus 2009
Sol-Tech, Solidariteit se opleidingskollege, het Saterdag die voorbeeld van die Springbokke gevolg en vir Tukkies ‘n uitklophou in die semi-finale wedstryd van die Carlton-liga vir derde spanne gegee. Sol-Tech het Tukkies 27-20 geklop. Die span sal eerskomende Saterdag om 13:30 op Loftus se B-veld teen die Tshwane Universiteit van Tegnologie in die [...]

Sol-Tech rig nuwe werkwinkels in Booysens, in die weste van Pretoria, in

Soldeer, 16 Julie 2009
Motorwerktuigkunde, elektriese en meganiese studente sal voortaan van hierdie werkwinkels gebruik maak. Ongeveer 180 Vlak 1-studente oor die vier studierigtings wat Sol-Tech tans bied, sal op 20 Julie met hul studies begin. Hierdie studente sal hul opleiding by hierdie nuwe tydelike kampus in Booysens, die bestaande kampus in Hermanstad en Centurion doen.

Solidariteit maak multimiljoen rand plan van hoop bekend

Soldeer, 29 Mei 2009
Die Solidariteit Beweging het Maandag (24 Mei 2009) ’n multi miljoen rand plan van hoop bekend gemaak. Die plan maak die aksieplan van die Solidariteit Beweging vir 2009 uit.

Sol-Tech-rugby speel in finaal

Soldeer, 13 Maart 2009
Sol-Tech se rugbyspan het vandeesweek die bal weer deur die pale geskop toe hulle die semi-finaal van die Assupol Super 16-reeks teen Centurion met 15-9 gewen het. Slegs klubs neem aan die Assupol Super 16-reeks deel.

SA hét die vaardighede, gebruik dit

Beeld
2009/03/30
Mnr. Jacob Zuma, ANC-president, het op ‘n byeenkoms van Solidariteit die moontlikheid geopper van afgetrede landsburgers wat kan help om die land se vaardigheidstekort te oorkom.

Volg ons op Facebook