Sport & Aktiwiteite

Soos enige ander opleidingsinstansie skep Sol-Tech ruimte vir studente se persoonlike en geestelike groei. Sol-Tech handhaaf ’n sterk sportkultuur en kan spog met ’n rugbyspan wat twee jaar agtereenvolgens in die finaal van die Carlton-liga gespeel het. Verder het Sol-Tech-studente hulle eie, aktiewe selgroep op die been gebring wat geestelike verryking bevorder.

Lewensoriëntering speel deesdae ’n uiters belangrike rol in die ontwikkeling van die jeug en Sol-Tech skep vir elke jongmens die ruimte om hom-/haarself ten volle te ontwikkel. Jongmense word bemagtig deurdat hulle in skaars vaardighede opgelei word en sodoende van regstellende aksie vrygestel word.

Sol-Tech se opleiding geskied tans in Afrikaans en Afrikaanse jongmense kan dus opleiding in hulle eie taal ontvang.

Die studentediensburo sien na elke student se behoeftes om en reël spesiale aksies vir die studente.

Volg ons op Facebook