Die fooie wat vir ’n kursus betaalbaar is, sal afhang van die befondsing wat Sol-Tech van die betrokke SETA ontvang. Sol-Tech sal namens die student by die SETA aansoek doen vir befondsing. Indien geen befondsing van die SETA ontvang word nie, is die student verantwoordelik vir ’n maksimum bedrag van tussen R20 000 en R25 000.
Kursusgelde vir 2009 - klik hier om af te laai.
Hoeveel kos dit om by Sol-Tech te studeer?
Sol-Tech het ten doel om opleiding van ’n hoë standaard en wat op Christelike waardes gegrond is teen die bekostigbaarste tarief moontlik aan Suid-Afrikaanse jongmense te bied.
Sol-Tech is ’n instelling sonder winsmotief en is as ’n Artikel 21-maatskappy geregistreer. Die kollege is bevoorreg om die vakbond Solidariteit as belanghebber te hê. Solidariteit behartig tans die aankoop van opleidingstoerusting asook ’n toekomstige kampus waar alle werkswinkels en klasse onder een dak aangebied kan word. Die kollege het die afgelope tyd goeie befondsing ontvang en poog voortdurend om fondse te bekom ten einde die finansiële las wat met verdere opleiding gepaard gaan vir studente en hulle ouers ligter te maak. Hierdie faktore stel Sol-Tech in staat om ’n ambagsman teen tot R7 000 per jaar goedkoper op te lei as soortgelyke opleidingsinstansies in Suid-Afrika.
Sol-Tech volg hoofsaaklik die vakleerlingskaproete, met ander woorde, studente ontvang ’n maandelikse toelaag van R1 000 van die Dienste-SETA.
Vir die jongste fooie, skakel Sol-Tech gerus by 012 664 8923 of stuur ’n e-pos na soltech@solidariteit.co.za.
Vir ander finansiële navrae, skakel Lucille Venter by 012 664 8923.