Toelatingsvereistes

  • Die belangrikste vereiste vir alle kursusse is Graad 10 met Wiskunde en/of Fisiese Wetenskap.
  • ‘n Keuringstoets  moet afgelê en geslaag word om by Sol-Tech te kan inskryf. Keuringstoetse  kan tydens Sol-Tech se ope dag op 11 September 2010 afgelê word. Alle voornemende studente moet 09:00 by Sol-Tech se Booysens-kampus  aanmeld.
  • Die roete van elke kursus sal tydens die ope dag verduidelik word.
  • Voornemende studente wat die keuringstoets geslaag het, sal vanaf 1 Oktober per brief in kennis gestel word. Hul name sal ook op die webwerf bekendgemaak word.
  • Daarna moet die voornemende studente ‘n nie-verhaalbare deposito van R1 500 betaal en kan dan by Sol-Tech registreer.
  • Registrasie vind plaas op die datums soos per brief aan die studente deurgegee – geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

 

  • Sol-Tech benodig die volgende dokumente tydens registrasie:
    • ‘n Volledige CV van die voornemende student
    • Twee gewaarmerkte afskrifte van die voornemende student se identiteitsdokument, sertifikaat van hoogste kwalifikasie en bestuurders- of leerlinglisensie.
    • Aansoekvorm

Dit sal ’n student ongeveer drie jaar neem om as ‘n volwaardige ambagsman te kwalifiseer.

VEREISTES VIR VAKTOETSAANSOEK: DIENSTE SETA

  1. Voltooide 3-jaar vakleerlingskap-kontrak (Sol-Tech/AJANI)
  2. Gesertifiseerde afskrif van ID dokument
  3. Gesertifiseerde afskrif  van hoogste kwalifikasie
  4. Gesertifiseerde afskrif van voltooide afgetekende logboek vir elke jaar van opleiding:

                    a.   Afgetekende opleidingsure deur afdelingshoof

                    b.   Tydstate wat minimum “on-job-training”-ure  reflekteer

                    c.   Beskrywing van take wat verrig is of dienstesertifikaat

                   d.   Handtekening van toesighouer (gekwalifiseerde persoon)

                   e.   Amptelike stempel van onderskeie werkgewers of    

                         diensbrief

                   f.   Afskrif van toesighouer se kwalifikasie as ambagsman

   5.   Brief van AJANI wat voltooide prakties bevestig

    6.  Brief van Sol-Tech programbestuurder tov  voltooide         

                ”Fundamentals”

     7.  Voltooide amptelike aansoekvorm vir vaktoets

     8.   ALLE FOOIE IS BETAALBAAR BY DIE  TOETSSENTRUM

           SELF                                                               

Sol-Tech bied kursusse in die volgende studierigtings aan:

  • Elektries
  • Meulmaker
  • Dieselwerktuigkunde
  • Pas en Draai

Volg ons op Facebook