Dieselwerktuigkunde

Die doel van die kwalifikasie

Die kwalifikasie in motorherstel en -instandhouding handel oor die algehele versiening van voertuie, sowel as die verwydering, afbreek en vervanging van komponente en klein verstellings aan voertuie se stelsels. Studente wat oor hierdie kwalifikasie beskik, sal in aanmerking kan kom vir werksgeleenthede by ’n verskeidenheid klein besighede in die kommersiële motorbedryf en verwante bedrywe.

Die standaard en vlak van die kwalifikasie sal die studente in staat stel om doeltreffend in enige bedryf te werk en om die uitdagings van die motorwerktuigkundige bedryf te hanteer.

Wat sal die studente leer?

Die studente leer die basiese herstel- en instandhoudingsteorieë, die name en funksies van motorvloeistowwe, -smeermiddels en -onderdele en hoe om ‘n werkswinkel se handleiding en prosedures te lees, te interpreteer en korrek uit te voer. Die studente doen verder kennis op van motorwerktuigkundige komponente en stelsels, werkswinkeltoerusting, taakinstruksies en werkkaarte .

Persone wat in die motorherstel en -instandhoudingsbedryf werk, benodig tegniese vaardighede en kennis sowel as goeie handvaardighede.

Gekwalifiseerde studente sal –

  • oor die vermoë beskik om aan ’n groot verskeidenheid voertuie te werk en om effektiewe en veilige bedryfspraktyke ten opsigte van passasiersvoertuie, ligte afleweringsvoertuie en kommersiële voertuie toe te pas.

Studente sal dus aktief aan alle werksverwante aktiwiteite kan deelneem.

Hoe word die studente geëvalueer?

Die meeste studie-eenhede behels opdragte sowel as teoretiese en praktiese opleiding. Om die kwalifikasie te behaal, word ’n portefeulje van voltooide werk benodig.

Bywoning

Elke vlak neem een jaar om te voltooi, aangesien dit ses maande se teoretiese en simulasie-opleiding in ’n gemonitorde omgewing en ses maande se praktiese opleiding in die bedryf behels.

Die kwalifikasieroete

  • Vlak 1 – een jaar
  • Vlak 2 – een jaar
  • Vlak 3 – een jaar

Kursusgelde vir 2010

Klik hier om af te laai.

Volg ons op Facebook