Pas en Draai

Die doel van die kwalifikasie

Die standaard en vlak van die pas en draaikwalifikasie is daarop gemik om die studente die nodige vaardighede te leer om doeltreffend in enige bedryf te kan werk en om die uitdagings van die ingenieursmontering en -masjineringsomgewing te kan hanteer.

Die kwalifikasie erken vaardighede soos die vermoë om foute te identifiseer, die toepassing van uitmekaarhaaltegnieke, die instandhouding van toerusting, die herstel en installering van meganiese komponente en die herstel van toerusting tydens produksie. Hierdie vaardighede is gegrond op ’n begrip van masjineringsteorieë, masjienfunksies en  -instandhouding, ingenieurstoerusting, beginsels van meetkunde en ingenieurstekeninge. Handvaardighede speel ’n groot rol in die kursus.

Wat sal die studente leer?

Ingenieursmasjinering word gekenmerk deur werk-tot-bestelling, laevolume produksie van komponente deur van verskillende masjineringsmetodes in ’n verskeidenheid bedrywe gebruik te maak, met in begrip van die motorherstel-, metaal-, toestelproduksie-, plastiek-, band- en rubberbedryf. Persone wat in die ingenieursmasjineringsveld werk, benodig gespesialiseerde tegniese vaardighede en kennis, sowel as hoogs ontwikkelde handvaardighede om te voldoen aan die vereistes van die immerveranderende produkte wat vervaardig moet word.

Ingenieursmontering behels die verskaffing van ingenieursinstandhoudingsdienste, hersteldienste, installeringsdienste en ondersteuning in ‘n verskeidenheid bedrywe. Die toerusting wat vir dié dienste en ondersteuning benodig word, strek van gesofistikeerde toerusting tot verouderde enkelstasiemasjiene.

Gekwalifiseerde studente sal –

  • basiese besigheidsbeginsels verstaan;
  • hulle rol in, byvoorbeeld, die ingenieursbedryf en verwante bedrywe verstaan; en
  • weet hoe hulle deur wetgewing, regulasies, ooreenkomste en beleide in hulle betrokke bedryf geraak word.

Studente sal dus aktief aan alle werkverwante aktiwiteite kan deelneem.

Hoe word die studente geëvalueer?

Die meeste studie-eenhede behels opdragte sowel as teoretiese en praktiese opleiding. Om die kwalifikasie te behaal, word ’n portefeulje van voltooide werk benodig.

Bywoning

Elke vlak neem een jaar om te voltooi, aangesien dit ses maande se teoretiese en simulasie-opleiding in ’n gemonitorde omgewing en ses maande se praktiese opleiding in die bedryf behels.

Die kwalifikasieroete

  •  Vlak 1– een jaar
  • Vlak 2 – een jaar
  • Vlak 3 – een jaar

Kursusgelde vir 2010

Klik hier om af te laai.

Volg ons op Facebook