Beurse & Lenings

Indien ’n Sol-Tech-student vir ’n beurs of lening wil aansoek doen, moet òf hy/sy, òf sy/haar ouers of wettige voog ’n opbetaalde lid van Solidariteit wees. ’n Kriteriapunt word aan elke aansoek toegeken en beurse word daarvolgens toegestaan.

Indien ’n aansoek goedgekeur word, kan ’n bedrag vanaf R1 500 tot ’n volle studiebeurs toegestaan word. ’n Beurs word op ’n prestasiebasis terugbetaal, met ander woorde, hoe beter die student presteer, hoe minder van die beurs hoef hy/sy terug te betaal.

Indien ’n student sy/haar studies staak, is die volle bedrag toegeken onmiddellik terugbetaalbaar.

Vir enige navrae oor beurse of lenings, stuur ’n e-pos na dinah@solidariteit.co.za.

Volg ons op Facebook