Kampusse

Booysens-kampus:

Hillview Industrial Park
576 Luderitz Straat
Booysens

Sol-Tech se administratiewe kantore is in Booysens, geleë. Die teoretiese been van Sol-Tech se opleidingskursusse word ook hier aangebied. Studente in elektriese ingenieurswese, motorwerktuigkunde en megatronika ontvang opleiding tydens werkwinkels wat hier aangebied word.

Hermanstad-kampus:

H.v. Taljaard- & Hendrikstraat, Hermanstad

Sol-Tech bied werkswinkels in pas en draai en megatronika in Hermanstad aan.

Studente kan hulle praktiese opleiding wat oor ses maande strek enige plek in die land doen.


Adreslys en aanwysings tussen Sol-Tech Kloofsig en werkswinkels

Kantoor/Werkswinkel

Adres

GPS Koördinate

Solidariteit Hoofkantoor, Kloofsig H/v D.F. Malan & Eendracht straat, Kloofsig

S25 48.740 E28 12.105

Sol-Tech Booysens Luderitzstraat 576,
Booysens

S25.42.931 E28 07.622

Sol-Tech Hermanstad Hendriks Straat 714, Hermanstad

S25 42.824 E28 09.395

Aanwysings Kloofsig na Hermanstad Werkswinkel

  1. Vanaf Solidariteit kantore in Kloofsig, draai regs in D.F. MALAN en ry rigting Noord
  2. Draai regs by eerste verkeerslig in CHRISTINA DE WIT (M18) en hou reguit vir ongeveer 4km, reguit oor die verkeerslig
  3. Hou links op die ELANDSPOORT PAD (M5)
  4. Neem die glybaan na links in NELSON MANDELA WEG (R21)
  5. Hou inks in RAILWAY STRAAT (M18)
  6. Hou steeds links in RAILWAY STRAAT (M18) wat saamsmelt met SCHEIDING STRAAT
  7. Draai regs in BOSMAN STRAAT (M18)
  8. Draai links in VISAGIE STRAAT. Hou reguit in D.F.MALAN vir ongeveer 3 km.
  9. Neem die glybaan na links in VAN DER HOFF STRAAT (R514)
  10. Draai regs in HENDRIKS STRAAT
  11. Hou aan vir ongeveer 750m, die werkswinkels is aan die regterkant op die hoek van Hendriks & Taljaard straat.

Aanwysings Kloofsig na Booysens Werkswinkel

(Volg dieselfde aanwysing as na “Hermanstad Werkswinkels” tot by punt nommer 9.)

  1. In plaas van regs draai in Hendrikstraat, hou reguit in VAN DER HOFF STRAAT (R514) tot by die verkeerslig wat kruis met BREMER STRAAT (R55), draai regs in BREMER STRAAT.
  2. Draai links in MARKET STRAAT
  3. Draai links in Luderitz straat, die werkswinkels is aan die einde van die straat op regterkant, net voor die treinspoor.

Volg ons op Facebook