• Gereedskap -en Setmaatmaker

    Die doel van die kwalifikasie

    Gereedskapmakers is hoogs gespesialiseerde ambagslui wat in staat moet wees om ʼn doelspesifieke gereedskapstuk of matrys uit roumateriaal teen fyn toleransies te vervaardig om sodoende die koste van vervaardiging van massaproduksiekomponente tot die minimum te beperk.

    Wat sal die studente leer?

    Die ambag van gereedskapmaker stel gekwalifiseerde persone in staat om te beplan en te ontwerp om sodoende op die mees kostedoeltreffende metode hoëkwaliteitsetmate en -matryse te vervaardig wat vir die vervaardiging van massaproduksiekomponente gebruik kan word, met ʼn begrip van die motorbedryf, ingenieursbedrywe en presisie inspuitvorming vir die voedselbedryf.

    Die onderstaande is ‘n beknopte weergawe van die kurrikulum:

    • ʼn Kennis van die treksterkte en buigbaarheid van verskillende metale
    • Draaiwerk met ʼn toleransie van 0,03 mm
    • Freeswerk met ʼn toleransie van 0,03 mm en haaksheid van 0,03 mm
    • Oppervlak-slypwerk met ʼn toleransie van 0,010 mm
    • Die ontwerp van spesiale vorms van komponente asook die vervaardiging van saamgestelde werkstukke
    • ʼn Kennis van verhardingsprosesse ten opsigte van verskillende tipes staal
    • Die bou en ontwerp van setmate
    • Die lees en vertolking van ingenieurstekene

     

    Gereedskaplys vir Gereedskap -en Setmaatmaker: Laai dit hier af

    Kurrikulum: Gereedskap -en Setmaatmaker kurrikulum 2014

    Roetekaart:

    Roetekaart_Sol-Tech