• Dieselwerktuigkunde

    Die doel van die kwalifikasie

    Die kwalifikasie in motorherstel en -instandhouding handel oor die algehele versiening van voertuie, sowel as die verwydering, afbreek en vervanging van komponente en klein verstellings aan voertuie se stelsels.

    Die standaard en vlak van die kwalifikasie sal die studente in staat stel om doeltreffend in enige bedryf te werk en om die uitdagings van die motorwerktuigkundige bedryf te hanteer.

    Wat sal die studente leer?

    Die studente leer die basiese herstel- en instandhoudingsteorieë, die name en funksies van motorvloeistowwe, -smeermiddels en -onderdele en hoe om ʼn werkswinkel se handleiding en prosedures te lees, te interpreteer en korrek uit te voer. Die studente doen verder kennis op van motorwerktuigkundige komponente en stelsels, werkswinkeltoerusting, taakinstruksies en werkkaarte.

    Die onderstaande is ‘n beknopte weergawe van die kurrikulum:

    • Basiese handvaardighede soos die korrekte manier van saag, vyl, gate boor en skroefdraad sny, sowel as die neem van akkurate mates
    • Vaardigheid in die hantering van gespesialiseerde gereedskap, soos mikrometers, wringsleutels, hysers, domkragte en diagnostiese instrumente
    • Die identifisering en montering van basiese komponente van dieselvoertuie, soos inspuiters, sensors, turbo-aanjaers en veerstelsels, asook die smering van enjins, onderstelle en wiellaers.
    • ʼn Deeglike kennis van werksbeginsels en die aftakel en herbou van enjins, ratkaste, ewenaars, stuurkaste, lugremme, inspuiters, pompe, alternators, aansitters en so meer
    • ʼn Kennis van basiese konvensionele elektriese sisteme en bedradingsharnasse, die basiese werking van instrumente, asook die diagnosering van foutiewe sensors van moderne, gerekenariseerde enjins
    • Vaardigheid in verskeie sweistegnieke, soos boogsweis, gassweis, asook in gas-sny
    • Die lees en vertolking van werkswinkelhandleidings en bedradingsdiagramme

    Gereedskaplys vir Dieselwerktuigkunde: Laai dit hier af

    Kurrikulum: —

    Roetekaart:

    Roetekaart_Sol-Tech