• Passer en Draaier

    Die doel van die kwalifikasie

    Die standaard en vlak van die pas-en–draai-kwalifikasie is daarop gemik om die studente die nodige vaardighede te leer om doeltreffend in enige bedryf te kan werk en om die uitdagings van die ingenieursmontering- en -masjineringsomgewing te kan hanteer.

    Die kwalifikasie erken vaardighede soos die vermoë om foute te identifiseer, die toepassing van uitmekaarhaaltegnieke, die instandhouding van toerusting, die herstel en installering van meganiese komponente en die herstel van toerusting tydens produksie. Hierdie vaardighede is gegrond op ’n begrip van masjineringsteorieë, masjienfunksies en  -instandhouding, ingenieurstoerusting, beginsels van meetkunde en ingenieurstekeninge. Handvaardighede speel ’n groot rol in die kursus.

    Wat sal die studente leer?

    Ingenieursmasjinering word gekenmerk deur werk-tot-bestelling, laevolumeproduksie van komponente deur van verskillende masjineringsmetodes in ’n verskeidenheid bedrywe gebruik te maak, met inbegrip van die motorherstel-, metaal-, toestelproduksie-, plastiek-, band- en rubberbedryf.

    Die onderstaande is ‘n beknopte weergawe van die kurrikulum:

    Masjinering:

    • Draaiwerk met ʼn toleransie van 0,03 mm
    • Freeswerk met ʼn toleransie van 0,03 mm en haaksheid van 0,03 mm
    • Slypwerk met ʼn toleransie van 0,010 mm
    • Inleiding tot CNC-programmering

    Instandhouding:

    • Die uitmekaarhaal, diagnosering, herstel en aanmekaarsit van ratkaste, pompe en laer eenhede
    • ʼn Kennis van verskillende soorte ketting-/band- en as-belyning met ʼn toleransie van 0,05 mm
    • ʼn Kennis van die werking van remstelsels
    • Die ontwerp en bou van hidrouliese en pneumatiese stelsels
    • ʼn Kennis van ophystoestelle en die praktiese uitvoering van die taak
    • ʼn Kennis van die basiese beginsels van verskeie sweismetodes en -penetrasies

    Gereedskaplys vir Passer en Draaier: Laai dit hier af

    Kurrikulum: Passer en Draaier kurrikulum 2014

    Roetekaart:

    Roetekaart_Sol-Tech