• Betaalbare Fooie

    Hoeveel kos dit om by Sol-Tech te studeer?

    Sol-Tech het ten doel om kwaliteit-opleiding, wat op Christelike waardes gegrond is, teen die mees bekostigbare tarief moontlik aan Suid-Afrikaanse jongmense te bied.

    Sol-Tech is ’n instelling sonder winsmotief en is as maatskappy sonder winsmotief geregistreer. Die kollege is bevoorreg om die vakbond Solidariteit as belanghebber te hê. Solidariteit finansier die aankoop van opleidingstoerusting, asook ’n toekomstige kampus waar alle werkswinkels en klasse onder een dak aangebied gaan word. Vir die jongste fooie, skakel gerus die kollege by 0861 25 24 23 of stuur ’n e-pos na navrae@sol-tech.co.za. Fondse is beskikbaar vir beurslenings. Vir enige navrae rakende beurslenings kontak Dinah Jacobs by dinah@helpendehand.co.za of Colette Scott by colette@helpendehand.co.za.

    Bestaande studente van Sol-Tech kan enige rekeningnavrae rig aan: navrae@sol-tech.co.za.  Gebruik asseblief ten alle tye die student se van en ID-nommer en studentenommer as verwysing wanneer navrae gedoen word. Indien u geen state ontvang nie, doen asseblief ook navraag by bogenoemde e-pos adres.